Vinnige toegang tot data met dié platform

01-01-21
| Author Name

FieldView is Bayer se digitale boerderyplatform wat die werklike krag van jou plaas se data op een platform ontsluit en jou toelaat om interaktief daarmee om te gaan. Sodoende kan jy vinnige, akkurate analises maak ten einde die beste datagedrewe besluite vir jou plaas te neem – hetsy dit is om die komende jaar se variëteite te kies, om die prestasie van verskillende swamdoder- of misstoftoedienings te bepaal of om die oesproses te bestuur. 

FieldView is ’n kragtige platform, tog maklik om te gebruik en is versoenbaar met die meeste toerusting en handelsname. Dit bied oombliklike analise in die kajuit sowel as intydse meter-by-meter-monitering van ’n afstand af wat historiese data insluit. Dit beteken vinniger, meer akkurate beplanning en analise wat datagedrewe besluitneming teen ’n laer koste verseker en die dryfveer agter hoër opbrengste en beter prestasie is. 

 

 

Stoor jou data veilig op een plek

Versamel jou data maklik op een plek sodat jy vinnig toegang daartoe kan verkry. Stroom vandag se inligting direk vanaf jou toerusting met FieldView Drive en laai historiese data moeiteloos via die FieldView-webblad (www.climatefieldview.co.za) na jou data-inbus. Daarna kan jy verslae skep en vinnig deel met jou mees getroue landbou-adviseurs. 

By FieldView beskou ons kwaliteitdata as ’n ongelooflike belangrike bate vir die toekoms. Ons data-privaatheidsbeleid is duidelik en bondig. Data wat deur die gebruiker in FieldView versamel en gestoor word, behoort aan die gebruiker en hy/sy het ten alle tye volle beheer daaroor. Gebruikers kan ook enige tyd data op- of aflaai en dit met hul adviseurs deel. Ons ag data-sekuriteit en gebruikers se privaatheid baie belangrik en het verlede jaar, tesame met ander leiers in die bedryf, sertifisering deur Ag Data Transparent* ontvang. 

 

Die AG Data Transparent-sertifisering word gebaseer op die Privaatheid en Sekuriteitebeginsels vir Boerderydata. Dit is ’n stel riglyne vir maatskappye wat boere se landboudata versamel, stoor, analiseer en gebruik. Dit is ’n baie belangrike oorweging om in ag te neem wanneer jy ’n datavennoot kies. 

 

Foto 1: Bayer Velum® 1 GR-aalwurmdoder getoets in FieldView. 

 

FieldView kan historiese plant-, toedienings- en oesdata vinnig prosesseer ongeag die vorige landname wat direk vanaf jou toerusting ingevoer word. Wanneer jy ’n landsgrens toegevoeg het, sal FieldView begin om vier jaar se satellietsbeelde te genereer sodat jou land se geskiedenis op een plek gestoor word. FieldView is ook in ’n vennootskap met toerustingvervaardigers soos John Deere Operasionele Sentrum, Case AFS Connect en Claas Telematics om data direk van hierdie platforms na FieldView te herlei. Hierdie pakket kan ook gebruik word op die meerderheid toestelle wat versoenbaar is met Android en IOS. Dit kan ook vir verskeie redes gebruik word: vir dag-tot-dag-oesbestuur en variëteitsproewe tot saadvoorskrifte vir die komende jaar. 

FieldView bou dan hierop deur kerndata van enige huidige werk, insluitend die mees onlangse proefresultate, spuit- en gewasverslae na jou tablet te bring in ’n eenvoudige hoogs-interaktiewe FieldView Drive en Cab-toepassingsisteem. Tesame met insig vir die groot besluite wat jy op die plaas moet neem, spaar die feit dat data intyds beskikbaar is ook moeite en kostes. 

 

 

Ontsluit waardevolle insigte

FieldView bied pasmaak data in die kajuit en op enige skerm gedurende elke fase van die seisoen – van plant- tot oestyd. Aangesien jy die volle potensiaal van jou land se data ontsluit, beteken dit hoër effektiwiteit en minder tyd wat verlore gaan. 

 

Historiese en huidige data kan direk op FieldView gelaai word en die platform sal die data toeken aan die uiteengesette grense en jou data standardiseer en analiseer om: 

  • Jou plaasprestasie per land, variëteit, behandeling en grondtipe te visualiseer. 
  • Volle proefplot-opbrengsdata dadelik te sien sonder om die stroper te stop. 
  • Kaarte te vergelyk om die oorsake van die verskille tussen lande beter te verstaan. Hierdie verskille kan selfs op ’n meter-by-meter-oppervlak gemeet word.  
  • Inspeksiedata in eenvoudige formate te sien deur gebruik te maak van kleurkodering.
  • Meter-by-meter inligting te sien om te help met boorvoorskrifte, onkruidbeheer en oesbestuur. 

 

FieldView laat jou toe om vinnige besluite met selfvertroue te neem omdat groot hoeveelhede data onmiddellik op basies enige skerm omskep kan word in duidelike insigte. 

 

Foto 2: Aan die linkerkant is die opbrengslaag en aan die regterkant is die plantlaag wat wisselende basters in ’n land aandui sowel as hoe hulle met mekaar vergelyk in die Cab-toepassing. 

 

 

Optimaliseer produktiwiteit 

Bou vinnig en maklik ’n pasmaakplan en bestuur aanpasbaarheid met saad- en toedieningsvoorskrifte vir elke land. Tans spog FieldView met ’n universele voorskriffunksie wat gebruik maak van satellietbeelde met ons eie unieke algoritme om jou lande in sones te verdeel na gelang van die biomassa-indeks. Dit maak dit makliker vir boere om hul eie varieerbare voorskrifte vir misstofdoening te genereer. Later vanjaar beplan FieldView om die universele voorskriffunksie vir opbrengslae bekend te stel. Dit sal boere in staat stel om opbrengslae oor verskeie seisoene te normaliseer en om hul lande in sones te verdeel volgens verskillende wisselende saadvoorskrifte. 

 

Die geheim vir ’n suksesvolle boerdery lê in die neem van die regte besluite wat gerugsteun word deur harde syfers en ’n boerderystrategie wat ontwikkel is sodat elke land optimaal presteer. Met hierdie strategie aan die kern van Bayer, help ons jou om meeste uit elke hektaar te kry. 

 

 

Hoe om te begin 

FieldView bied deurlopend koste-effektiewe boerderypakkette ongeag die grootte van jou plaas. Ons wil graag aan alle boere ’n gratis een jaarlange FieldView PLUS-lidmaatskap deur ons FieldView Discover-program gee. Word deel van ons FieldView-familie deur ’n rekening te skep by www.climatefieldview.co.za en maak kontak met jou FieldView-aktiveringspesialis hier onder om jou verder by te staan.